Ons Dienste & Behandelings
Du Raan Orthodontics bied verskeie dienste en behandelings wat ‘n sprankelende glimlag sal verseker.
- Volledige Ortodonsie vir Volwassenes en Kinders
- Ortodonsie met SPARK-belyners
Estetiese Keramiek / Wit Draadjies
Vlekvrye Staal Draadjies
Nikkelvrye Draadjies
- Spesialiteitstoestelle
Onderskeppende Behandelings
Verwyderbare Funksionele Toestelle
Toestelle om gewoontes reg te stel (toestelle teen duimsuig, ens.)
- Spesialiteitstoestelle
- Onderskeppende Behandelings
- Verwyderbare Funksionele Toestelle
- Toestelle om gewoontes reg te stel (toestelle teen duimsuig, ens.)

Vroeë Ortodontiese Behandeling
Sommige probleme is veel makliker om te behandel as dit op ‘n vroeë ouderdom gediagnoseer word. Dit word aanbeveel dat kinders op die ouderdom van 7 jaar ‘n ortodontiese evaluering moet ondergaan, selfs al is dit nog nie tyd om met behandeling te begin nie.
Vroeë evaluering word nie noodwendig gevolg deur vroeë behandeling nie.
In die meeste gevalle, indien ortodonsie benodig word, word die kind se groeipatrone gemonitor totdat die ideale tyd vir behandeling aanbreek. Dit bied die geleentheid om die beste resultate op die doeltreffendste manier te behaal en om toekomstige probleme te help voorkom.
Gewoonte-korrigerende Toestelle
Soms beïnvloed ‘n kind se gewoontes die normale ontwikkeling en funksie van die tande, kake en mond. Voorbeelde hiervan sluit in aanhoudende duimsuig, ‘n tong wat teen die tande druk en waar ‘n kind deur die mond asemhaal.
Duimsuig
Al is die suigrefleks ‘n natuurlike verskynsel in die vroeë kinderjare, behoort dit tussen die ouderdom van 2 en 4 jaar te eindig. Indien dit voortduur, mag die drukking van die duim op die voortande en die boonste kaak veroorsaak dat die tande uitmekaar beweeg en die kake van vorm verander. Dit kan lei tot ‘n ortodontiese probleem genaamd ‘n ‘oop byt’ wat die kind se spraak en sluk-refleks kan beïnvloed.
‘n Tong wat Teen die Tande Druk
‘n “Oop byt” kan veroorsaak word deur die krag van die tong wat teen die tande druk.
Deur die Mond Asemhaal
Hierdie is ‘n abnormale asemhalingspatroon waar die mond oop bly. Dit kan tot ‘n veranderinge in die spierfunksie van die tong en gesig lei, asook die normale groei vand die bo- en onderkaak beïnvloed, wat vele ortodontiese probleme tot gevolg kan hê.
Abnormale asemhaling deur die mond begin gewoonlik as gevolg van ‘n obstruksie (bv. vergrootte mangels of adenoïede), maar dit kan ‘n gewoonte raak wat moeilik is om af te leer.

Adolessente Ortodonsie
Die beste tyd om ortodontiese probleme te behandel is gewoonlik gedurende adolessensie terwyl die liggaam vinnig groei. Wanneer die gesig en kake volledig ontwikkel het, word ortodontiese behandeling meestal moeiliker (en duurder), met chirurgiese regstelling dikwels as die laaste uitweg.

Volwasse Ortodonsie
Gesonde tande kan op enige ouderdom herbelyn word, daarom is dit ‘n mite dat mens te oud kan wees vir draadjies.
Daar is deesdae meer en meer volwassenes wat ortodontiese behandeling ondergaan. Baie volwassenes besef dat ‘n pragtige glimlag sosiale en professionele voordele kan inhou.
Die herbelyning van tande speel ‘n belangrike rol in ‘n mooi glimlag!

Om die sosiale impak van volwassene ortodonsie te verminder, is toestelle ontwikkel wat minder opvallend is. Dit bied volwassenes meer diskrete behandelingsopsies en sluit keramiek blokkies en deursigtige belyners in.

Eerstens is die groei en ontwikkeling van die kake by volwassenes voltooi en kan veranderinge in die beenstruktuur nie op dieselfde manier bewerkstellig word soos in die geval van ‘n groeiende kind nie.
Tweedens kom periodontale (tandvleis) siektes meer by volwassenes voor as by kinders. Ortodontiese kragte wat op u tande toegepas word, laat die tande deur die omliggende been beweeg. Periodontale gesondheid speel daarom ‘n sleutelrol in ortodonsie.
As periodontale gesondheid nie optimaal tydens ortodonsie is nie, kan dit tot beenverlies lei, wat daartoe lei dat tande steun verloor en die langtermynprognose van die tande verswak.
Daarom moet enige tandvleissiekte eers onder beheer gebring word voordat ons met ortodonsie kan begin. Goeie mondhigiëne is baie belangrik gedurende die behandelingsperiode wat beteken dat volwasse pasiënte gereeld die mondhigiënis moet besoek gedurende ortodonsie en goeie mondhigiëne tuis handhaaf.
Metaal Draadjies
Tradisionele metaal blokkies is gewoonlik wat in jou gedagtes opkom as jy aan draadjies dink. Dit is die oorspronklike draadjies wat meer as 100 jaar gelede uitgevind is. Hulle is baie sterk en duursaam. Dr Du Raan gebruik gereeld metaal draadjies vir ortodonsie, veral by jonger pasiënte.

Metaal draadjies word meestal van baie sterk vlekvryestaal gemaak. Om die draadjies fantasties te laat lyk, kies kinders gewoonlik verskillende kleure rekkies om die uitstraling op te vrolik. Hierdie draadjies werk uitstekend en is ‘n gewilde opsie as mense ‘n ortodontiese behandelingsplan oorweeg.
Metaal draadjies het meer voordele as nadele
Metaal draadjies is baie sterk en, afhangende van jou daaglikse aktiwiteite, verseker gemoedsrus dat hulle in plek sal bly. Metaal draadjies kan ook die behandelingsperiode versnel, afhangende van die pasiënte se behoeftes.
Metaal draadjies is goedkoper as deursigtige belyners / keramiek blokkies. Metaal draadjies werk ook beter om die erge bondeling van tande reg te stel. Die enigste werklike nadeel is dat hulle visueel minder aantreklik is as deursigtige belyners of keramiek draadjies.

Keramiek Draadjies
Keramiek blokkies is ‘n uitstekende opsie as jy ortodontiese behandeling oorweeg. Hierdie draadjies is ideaal vir volwassenes of tieners wat miskien meer op die visuele voorkoms van draadjies gestel is. Veral volwassenes kan nogal selfbewus voel wanneer hulle ortodonsie ondergaan.
Keramiek draadjies is minder opvallend as metaal draadjies, maar is steeds net so effektief om tande reguit te maak en verleng nie die behandelingsperiode nie. Alhoewel die draadjies nie vlek nie, vlek die rekkies wat die draad in die blokkie hou wel, veral by diegene wat rook of baie koffie drink. Gelukkig word die rekkies elke keer vervang wanneer jy inkom vir ‘n aanpassing wat gewoonlik maandeliks is.
Keramiek draadjies het wel sekere nadele en voorvereistes
- Keramiek draadjies is bros en meer sensitief vir stampe, so hulle kan makliker beskadig of breek.
- Omdat keramiek harder as emalje is, kan tande wat teen die draadjies druk of vryf maklik verweer waar die draadjies met die tande in aanraking kom.
- Keramiek draadjies bied gewoonlik meer weerstand wanneer die tande al langs die boogskyf geskuif word, wat meer moeite en tyd in die proses beslaan.
Dr Du Raan is versigtig om keramiek draadjies op tande te plaas wat dikwels gebruik word om kos te kou. In die meeste gevalle, word keramiek draadjies slegs op die boonste tande (wat tydens glimlag en funksie vertoon) gebruik, aangesien dit skade en slytasie aan die tande dramaties verminder.
- Keramiek draadjies is duurder om aan te skaf en vereis dikwels meer besoeke aan die ortodontis en meer tyd om te installeer as metaal draadjies. Om hierdie rede sal daar addisionele koste verbonde wees as keramiek draadjies verkies word.
Deursigtige Belyners

Deursigtige belyners is ‘n uitstekende alternatief vir pasiënte wat reguit tande wil hê, maar nie tradisionele metaal draadjies wil hê nie.
Soortgelyk aan draadjies, oefen deursigtige belyners ook ‘n geleidelike krag op die tande uit om die tandbeweging te beheer, maar sonder metaaldrade of blokkies. Tandkleurige aanhegtings moet gewoonlik tydelik op die tande vasgesit word om die deursigtige belyners beter te laat funksioneer.
Die deursigtige belyners word van sterk plastiekmateriaal gemaak en word spesiaal vervaardig om in die mond van die pasient te pas. ‘n Reeks belyners is nodig om die gewenste tandbeweging te bewerstellig. Elke stel deursigtige belyners verskil ongeveer 0,5 mm van die vorige stel, en op hierdie manier word die tande geleidelik beweeg. Hierdie proses behels baie tandheelkundige laboratoriumwerk wat die koste tot ‘n groot mate verhoog.
Deursigtige belyners is ideaal vir pasiënte wat vorige ortodontiese behandeling ontvang het en wat klein aanpassings aan hulle glimlag wil maak. Deursigtige belyners kan ook gebruik word om meer ingewikkelde gevalle te behandel, maar die pasiënt se getroue samewerking is baie belangrik vir die sukses van die behandeling. Deursigtige belyners moet vir minstens 20 uur per dag gedra word om die gewenste uitwerking te verkry. Elke belyner word vir een tot twee weke gedra voordat daar na die volgende belyner oorgeskakel word.