Ontmoet ons toegewyde, professionele personeel

Ons toegewyde personeel sal verseker dat jy die beste behandeling in ortodonsie en mondhigiëne ontvang.
Ons sien uit daarna om jou te ontmoet en aan jou sprankelende glimlag te werk.

Dr Erick Du Raan

Ortodontis
Opleiding

Dr Du Raan het sy graad in Tandheelkunde in 2001 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Daarna onderneem hy verdere studie in ‘n nagraadse Diploma, ‘n M.Sc graad in Ortodonsie asook ‘n spesialis kwalifikasie, ‘n meestersgraad in Ortodonsie, aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hier word hy nomineer as kandidaat vir beste Meestersstudent van sy jaargroep.

Lidmaatskap

Dr Du Raan is ‘n professionele lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Ortodonstiste en ‘n geregistreerde spesialis in ortodonsie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Balangstellings

Ortodonsie was nog altyd Dr Du Raan se passie asook die dryfkrag daaragter om vier kwalifikasies te verwerf wat ‘n bevredigende werkservaring bied.

Dr Du Raan leef die lewe voluit saam met sy eggenoot, Maretha, en hulle drie seuns. Wanneer hy nie in die praktyk is nie, draf en stap hy graag en geniet ‘n ontspanne braai saam met familie of vriende.

Maycke Cook

Mondhigiënis
Opleiding

Maycke het haar diploma in tandheelkundige higiëne in 2008 aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf, waarna sy haar loopbaan in privaat praktyk begin het. Sy werk die afgelope drie en ‘n half jaar in ortodonsie.

Lidmaatskap

Maycke is ‘n professionele lid van OHASA (Oral Hygiene Association of South Africa) en HPCSA (Health Professions Council of South Africa).

Belangstellings

Mondhigiëne was nog altyd Maycke se passie. Sy is drietalig in Duits, Engels en Afrikaans. Maycke geniet dit om tyd saam met haar verloofde, Quintin, haar twee seuns (Junior en Luke), asook familie en vriende deur te bring.

Sy hou daarvan om naweke in die buitelug te spandeer en aktiwiteite te doen. Sy  hou ook van kook en bak wanneer sy tyd daarvoor kry.

Chandré Mellet

Ontvangsdame
Opleiding

Chandré het in 2018 aan die Hoërskool Durbanville gematrikuleer. Daarna het haar loopbaan in administrasie en ontvangs by ‘n verkoopsonderneming begin.

Haar volgende posisie was as tandheelkundige assistent en ontvangsdame by ‘n praktyk in Durbanville, waar sy waardevolle ondervinding opgedoen het.

Chandré sien uit na haar nuwe reis saam met Dr Erick Du Raan en sy personeel in hierdie wonderlike omgewing.

Belangstellings

Chandré het nog altyd ‘n passie om met mense te werk. Sy leef dit uit deur met haar borrelende geaardheid en haar vriendelike glimlag mense te bemoedig en te ondersteun.

Sy hou daarvan om haar persoonlike- en werksomgewing die beste moontlike omgewing te maak. Sy streef daarna om ‘n beter weergawe van haarself te wees deur elke dag te leer en voluit te leef.