Ortodontiese Spesialis in Tygervallei, Kaapstad

Ons toegewyde, professionele span sien uit om aan jou glimlag te werk.

BOEK EERSTE KONSULTASIE

 

Epos: info@duraanorthodontics.co.za

Ortodontiese Spesialis in Tygervallei, Kaapstad

Ons toegewyde, professionele span sien uit om aan jou glimlag te werk.

Du Raan Orthodontics spesialiseer in ortodontiese behandelinge in Tygervallei, Kaapstad.

Ons toegewyde, professionele span sien daarna uit om aan jou glimlag te werk.
BOEK EERSTE KONSULTASIE

Die koste van die eerste konsultasie beloop R500,00 en is betaalbaar op die dag van die afspraak.

Thank you for your message. It has been sent.
There was an error trying to send your message. Please try again later.

Ons Dienste & Behandelings

Du Raan Orthodontics bied verskeie dienste en behandelings wat ‘n sprankelende glimlag sal verseker.
  • Adolessente Ortodonsie
  • Volwasse Ortodonsie
  • Metaal en Keramiek
  • Belyners
  • Ortognatiese Multidissiplinêre Behandelings
  • Verwyderbare Funksionele Toestelle
  • Toestelle om gewoontes reg te stel (toestelle teen duimsuig, ens.)
  • Ortognatiese Multidissiplinêre Behandelings
  • Verwyderbare Funksionele Toestelle
  • Toestelle om gewoontes reg te stel (toestelle teen duimsuig, ens.)
Vroeë Ortodonsie
Adolessente Ortodonsie
Volwasse Ortodonsie
Gewoonte Toestelle
Metaal Draadjies
Keramiek Draadjies
Deursigtige Belyners

Ontmoet Die Span

Ontmoet die toegewyde personeel wat sal verseker dat jy die glimlag kry wat jy verdien.
Dr Erick Du Raan

Ortodontis

Dr Du Raan is ‘n professionele lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Ortodontisse en ‘n geregistreerde spesialis in ortodonsie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

LEES VERDER
Maycke Cook

Mondhigiënis

Maycke is passievol oor mondhigiëne. Sy is ‘n professionele lid van die Mondhigiëne-vereniging van Suid-Afrika en die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

LEES VERDER
Chandré Mellet

Ontvangsdame

Chandré het ‘n borrelende persoonlikheid en werk graag met mense. Haar omgee-benadering en vriendelike glimlag het ‘n vertroostende uitwerking op die mense rondom haar.

LEES VERDER

Voor u eerste besoek aan ons praktyk

Voor u eerste afspraak met Dr Du Raan, moet u ‘n paar vorms invul en aanlyn indien voor aankoms by die praktyk, of gereed hê vir die ontvangsdame met u aankoms.
Druk hierdie vorms uit en vul dit in, of voltooi ons aanlynvorm en stuur dit direk aan ons.
BESIGTIG VORMS

STAP EEN

Voorlopige Ondersoek

Tydens ons eerste ontmoeting sal jy die geleentheid kry om aan te dui waarom jy ortodonsie wil hê en hoe jy jou glimlag of byt wil verbeter.

Dr Du Raan sal ‘n ondersoek doen om vas te stel of behandeling op hierdie stadium benodig word en sal ook moontlike behandelingsopsies met jou bespreek.

Daar sal geleentheid wees vir ‘n voorlopige gesprek oor die verskillende ortodonsie opsies, maar finale besluite oor die behandelingsplan sal eers gemaak word nadat Dr Du Raan die diagnostiese rekords geneem en ontleed het.

Na die Voorlopige Ondersoek sal Dr Du Raan ‘n voorlopige kwotasie uitstuur vir die diagnostiese rekords en verwagte behandelingsplan. Dit kan egter effens aangepas word, afhangende van die ontleding van die diagnostiese rekords.

STAP TWEE

Diagnostiese Rekords

Sodra daar vasgestel is dat jy gereed is vir ortodonsie en jy aangedui het dat jy verder wil gaan met die behandeling, sal diagnostiese rekords geneem word. Dit sluit gewoonlik studiemodelle (gips tande) van die boonste en onderste tande, foto’s van jou tande en gesig, asook x-strale in.

Dr Du Raan sal hierdie rekords gebruik om jou groei, tande en kake noukeurig te bestudeer en ‘n behandelplan uit te werk wat die ideale glimlag en okklusie sal verseker.

‘n Finale kwotasie vir die voorgestelde behandeling, sowel as alternatiewe, sal aan jou gestuur word. Hierdie alternatiewe sal tydens die volgende afspraak bespreek word. Die kwotasie en die diagnostiese rekords kan gebruik word om goedkeuring van jou mediese fonds te verkry.

STAP DRIE

Behandelplan Bespreking

Tydens hierdie besoek, wat in-persoon of digitaal kan plaasvind, sal die verskillende behandelingsopsies bespreek word. Dr Du Raan sal voorbeelde wys van die soorte draadjies wat benodig word om ‘n pragtige glimlag te verseker.

Die diagnostiese rekords sal bespreek word en enige vrae wat jy het, sal beantwoord word.

Dit is belangrik dat die ouer/s (in die geval van minderjariges), en die persoon wat behandel word, tydens hierdie besoek teenwoordig moet wees, want nie net die behandelingsopsies nie, maar ook die behandelingsfooi en die behandelingsperiode sal bespreek word.

Daar is geen fooie vir hierdie besoek nie.

BOEK EERSTE KONSULTASIE

Gereelde Vrae

Indien jy ortodonsie oorweeg, het jy sekerlik nog ‘n hele paar vrae op hierdie stadium. Besoek gerus ons blad waar ons ‘n hele paar Gereelde Vrae beantwoord. Maak ‘n lys van enige ander vrae en bring dit saam na jou eerste afspraak om dit met Dr Du Raan te bespreek.
Boek Eerste Konsultasie